Local newsNews

Gauteng-leerders sterf in tragiese botsing

Motoriste is gevra om die botsingstoneel te vermy en alternatiewe roetes te volg terwyl nooddienspersoneel nog op die toneel besig is.



Nooddienste is steeds op die toneel op die R553 in die Vanderbijlpark-gebied waar 12 Gautengse skoolleerders vanoggend onderweg skool toe in n tragiese botsing tussen n minubus taxi en vragmotor gesterf het.

Meer volledige inligting oor die omstandighede van die botsing is nog nie bekendgemaak nie.

Elf van die oorledenes het op die toneel gesterf, en minstens vier leerders is volgensĀ  inligting kritiek beseer. Beseerde leerders is na die Sebokengse en Kopanong hospitale vervoer.

Die Gautengse LUR vir Onderwys, Matome Chiloane is op die toneel.

Ons opregte en diepe medelye met die families en skoolgemeenskap wat deur die tragedie geraak is.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button