Local newsNews

Polisie vra publiek se hulp om vermiste man van Vaalpark te vind

Johan was volgens inligting onderweg na sy seuns in Rustenburg maar het nie sy bestemming bereik nie.

Die polisie in Sasolburg soek na die vermiste 74-jarige Johan Fourie van Vaalpark.

Johan het op 20 Januarie omstreeks 11:30 sy woning in Vaalpark verlaat en was in ’n swart Toyota RunX op pad na Rustenburg om sy seuns te besoek. Teen ongeveer 18:00 dieselfde dag het Johan se lewensmaat sy seuns gekontak om te hoor of hy veilig aangekom het, waarna vasgestel is dat hy nooit sy bestemming bereik het nie.

Volgens Johan se suster is hy daarna in Orkney gesien. Familielede het sedertdien probeer om hom te kontak, maar sonder sukses.

Johan is laas gesien geklee in ’n swart formele broek, ’n swart-en-blou hemp en swart tekkies. Hy het vals tande en dra ’n bril.

Die vermiste Johan Fourie. Foto: Verskaf
Die vermiste Johan Fourie. Foto: Verskaf

Die Sasolburg-speurders doen ’n beroep op enigiemand met inligtingoor waar Johan hom bevind, om speursersant Patricia Filda te kontak by 083 715 2545, of Crime Stop by 08600 10111. Anonieme wenke kan ook via die MySAPS-toepassing deurgegee word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button