Local newsNews

Erkenning vir VLU-vroue se spog handewerk

Die volgende VLU-byeenkoms is op 3 Maart.

Harde werk is beloon vir lede van die plaaslike Vroue Landbou Unie (VLU) toe daar die eerste keer vanjaar saamgekuier is tydens die tak se prysuitdelingsgeleentheid op 3 Februarie.

Annatjie Dreyer ontvang die trofeë vir Hekel-Breiwerk, Naaldwerk; Handvlyt en Tuiswerk. Julie Griesel ontvang die trofeë vir Gebak en Meeste punte behaal op Takvlak. Die trofees vir Preservering; Fotografie is aan Kobie Pretorius oorhandig.
Marietjie le Roux ontvang op haar beurt die trofees vir Borduurwerk en Skryf-Skilderkuns; Blomme.

Stompie Thesner is erken vir die meeste punte behaal op Takvlak vir die dag.

Annatjie Dreyer, Julie Griesel en Kobie Pretorius met die trofees wat hulle ontvang het by die plaaslike VLU-prysuitdeling.
Annatjie Dreyer, Julie Griesel en Kobie Pretorius met die trofees wat hulle ontvang het by die plaaslike VLU-prysuitdeling.
Stompie Thesner is erken vir die meeste punte op Takvlak vir die dag.
Stompie Thesner is erken vir die meeste punte op Takvlak vir die dag.

Naas die trofees wat oorhandig is die oggend, is geluister na Philippa de Swart wat kom gesels het oor goeie maniere en etiket.

Philippa se praatjie het aangesluit by die tema – Pak Jou Tas. Haar raad was om ‘n lys te maak van wat jy nodig het vir die plek waarheen jy gaan.

Sy het spesifiek verwys na die emosies, selfvertroue respek vir ander, maniere, jou lag, jou glimlag, en jou vriendelikheid wat jy met jou saamneem waarheen jy gaan, en waarmee jy ook jou omgee vir ander wys.

Sy het vroue aangemoedig om spore te los waar hulle gaan, want goeie maniere is nie duur nie. “Stap met moed en durf die wêreld in.”

“Alles begin binne jou! Deel mooi en lekker maniere. Wees die mens wat die Here geskape het. Begin elke dag met dankbaarheid,” was haar raad.

VLU-vroue kom weer op 3 Maart bymekaar. Gaste is welkom.

Moenie die interaksie tussen dié dinamiese groep vroue misloop nie. Met elke byeenkoms word gesels oor aktuele onderwerpe, vaardighede geleer en kennis uitgeruil. Vir meer inligting oor die byeenkomste of oor hoe jy deel kan word van die plaaslike VLU, skakel Annatjie Dreyer by 082 464 0204, of Bernadet van der Ende by 082 474 0304.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button