Local newsNews

Moedergemeente vier 142 jaar met feesnaweek

Die NG Moedergemeente se 142-jaar bestaansjaarviering val saam met Parys se viering van sy 150 jaar bestaan.

Die NG Moedergemeente in Parys vier op 8 Maart sy 142ste bestaansjaar waarvoor ‘n feesnaweek beplan word. Saterdag 7 Maart is daar ‘n ontbytgeleentheid met ds. Jan Lubbe, moderator van die NG Kerk wat ‘n insiggewende blik kom gee op die Kerk vandag. Sondag 8 Maart word die feesvieringe voortgesit met ‘n dankseggingsdiens met musiek en ‘n uitstalling van hoogtepunte van die kerk se kleurryke geskiedenis.

Parys vier ook vanjaar die dorp se 150ste bestaansjaar.

Die Moedergemeente is op 8 Maart 1884 gestig nadat daar van die Heilbron-gemeente afgestig is, en is vandag een van die dorp se oudste kerkgeboue. Dit is dan ook tot nasionale gedenkwaardigheid verklaar.

Die gemeente se eerste leraar was ds. Dönges en sou die gemeente oor die jare in totaal 14 leraars hê. Die aanvanklike kerkgebou wat gebruik is, het gou té klein geword vir ‘n groeiende gemeente, en is daar op 14 Januarie 1899, net voor die oorlog, die hoeksteen gelê vir ‘n nuwe kerkgebou.

Die hoeksteenlegging was ‘n groot en spoggerige geleentheid en is selfs bygewoon deur die president van die Vrystaat, en die moderator van die sinode wat ook die hoofspreker was. Die koste van die kerkgebou het 6 000 pond beloop en was dit inderdaad ‘n trots en sieraad vir Parys.

Die werklike bedoelde inwyding van die kerkgebou kon egter nie plaasvind nie weens die AngloBoereoorlog wat op 11 Oktober 1899 verklaar is.

Vandag is weinig inligting bekend oor die oorspronklike klein kerkgeboutjie met die Britse troepe wat van die dokumente en selfs die hoeksteen van die kerkgebou tydens die oorlog verwyder het.

Tydens die oorlog is die kerkgebou met sy toring deur die Britse troepe as ‘n basis en fort gebruik. Die ideale skuilplek en uitkyktoering, omdat die Britte geglo het dat die Boere nie op die huis van God sou skiet nie. Die vibrasie van kanonskote het egter van die kerkvernsters laat breek en die mure
laat bars. Interessant genoeg het die Britse troepe wel die kanselbybel oopgemaak al het hul waarskynlik nie Nederlands verstaan nie. Om hul eerbied vir die kerkgebou aan geslagte wat kom te wys, het hul voor in die kanselbybel die volgende woorde geskryf: This Church was respected by Driscoll Schout 20th
April 1900.

Die bybel met die inskripsie is steeds in die gemeente se besit en word as kosbare kleinood bewaar.

Die gemeente se emmerituspredikant, ds. Graham Oehley, metdie oorspronklike kanselbybel met die inskripsie daarin van die Britse troepe.
Die gemeente se emmerituspredikant, ds. Graham Oehley, met die oorspronklike kanselbybel met die inskripsie daarin van die Britse troepe.

Die totale skade aan die kerkgebou en orrel het daardie jare 433,70 pond beloop en was die herstelkoste aan die kerkgebou
so hoog dat die gemeente noodgedwonge van sy erwe verkoop het om die kerkskuld vir die herstel te kon afbring.

Van die items van historiese waarde wat steeds in die kerk sebesit is.
Van die items van historiese waarde wat steeds in die kerk se
besit is.

‘n Aparte toring vir die kerkklok moes onder meer gebou word en is ‘n nuwe klok in 1928 uit die buiteland bestel.

Kerneels Steynby die kerkklok wat hy onlangs eiehandig saam met ‘n handjievol helpers herstel het
Kerneels Steyn by die kerkklok wat hy onlangs eiehandig saam met ‘n handjievol helpers herstel het

Oor die jare was daar telkens instandhouding van die kerkgebou nodig wat groot koste meegebring het. So is daar in Maart 1954 oorweeg om die kerkgebou en kerkgrond aan OK Bazaar te verkoop vir 18 000 pond, met die gedagte dat die munispaliteit dan vir ander grond gevra sou word vir die bou van ‘n kerkgebou.

Uiteindelik is daarteen besluit en het die gemeente die bykans onmoontlike reggekry om die fondse bymekaar te kry om die kerkgebou te kon herstel op die vooraand van die gemeente se driewarteeu feesviering in Maart 1959 toe die nuut gerestoureerde kerkgebou heringewy is.

Daarna is die kerkgebou van tyd tot tyd weer gerestoureer en was die laaste restourasie in Junie 2006 gedoen.

Oor die afgelope 142 was genade groot vir die gemeente wat ook ten nouste betrokke was by die die inisiëring van verskeie projekte in die Parys-gemeenskap soos die oprigting van die Najaarsrus Tuiste vir Bejaades, en die NG Sendinggemeente.

Die NG Moedergemeente in Parys vier vanjaar sy 142ste bestaansjaar en is dié kerkgebou met sy ryk geskiedenis ‘n nasionale gedenkwaardigheid.
Die NG Moedergemeente in Parys vier vanjaar sy 142ste bestaansjaar en is dié kerkgebou met sy ryk geskiedenis ‘n nasionale gedenkwaardigheid. Foto’s: Liezl Scheepers

Na 20 jaar moet dringende restourasie aan die kerkgebou nou weer gedoen word, en al het die gemeente hoofsaaklik ouer gemeentelede, is daar ‘n gedrewenheid om soos in die verlede seker te maak dat die historiese kerkgebou wat oor jare ‘n dankbare herinnering van genade en simbool van geloof was, behoue sal bly.

Dringende restourasiewerk aan die kerk se dak is nou nodig
Dringende restourasiewerk aan die kerk se dak is nou nodig

Baie planne word reeds gemaak om die fondse bymekaar te maak vir die restourasie, en is van die fondsinsamelingsidees om die geboue op die kerkterrein te verhuur vir byvoorbeeld troues, terwyl die terrein ook as perkering oor naweke verhuur kan word.

Die gemeente nooi die gemeenskap om hulle te ondersteun met die inisiatiewe, en om deel te wees van die feesvieringe volgende maand.

Die NG Moedergemeente in Parys. Foto: Liezl Scheepers
Ontbytgeleentheid

As jy die spesiale ontbytgeleentheid op 7 Maart om 09:00 vir 09:30 wil bywoon in die NG Moedergemeente kerksaal, ter viering van die gemeente se 142 jarige bestaansjaar, skakel Darien Oosthizen vir kaartjies of navrae by 082 786 3572. Kaarttjies kos R110 per persoon.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button