Brahman koei en kalf gevind
Die verdagte sal binnekort in die Kroonstadse landdroshof verskyn
‘n Brahman kalf is naby Kroonstad teruggevind danksy inligting wat die Fezile Dabi Distrik se Ekonomiese Infrastruktuur Taakspan Donderdag (19 Februarie) op die spoor van ’n 41-jarige man gesit het.
Die inligting is opgevolg en het gelei na ’n plot in Kroonstad waar ’n vermoedelik gesteelde drie maande oue Brahman-kalf teruggevind is. Die eienaar van die plot kon nie ’n bevredigende verduideliking gee nie en het geen dokumentasie vir die kalf gehad nie. Hy is in hegtenis geneem vir die besit van vermoedelik gesteelde vee ter waarde van R10 000.

Later dieselfde dag is ’n Brahman-koei, ter waarde van R18 000, ook in Maokeng naby die Relebohile-skool in Kroonstad teruggevind nadat dit verlate gelaat en aan ’n boom vasgemaak was.

Die verdagte in wie se besit die kalf gekry is, sal na verwagting binnekort in die Kroonstadse landdroshof verskyn op aanklagte van veediefstal.



