Hoërskool swemmers maak golwe by NVS-swemgala
Skitterende resultate is deur hierdie swemmers behaal.
Lara Greyling, Alouise Supra, Luca Barnard, Dregan Brink, MW Supra en Matthew Greyling het Hoërskool Parys by die Noord-Vrystaat Skole Swemgala in Kroonstad verteenwoordig waar die skool ‘n agtste plek uit 12 deelnemende skole behaal.
Die skool se 17-18 jaar seunsspan wen die 200m vryslag-aflositem, en spog Matthew Greyling, Dregan Brink, MW Supra en Cay-Dinn Oelofse
individueel ook met plekke onder die top 10 in hul ouderdomsgroep. Lara Greyling behaal ‘n derde plek vir dogters 13-14 jaar.
Swemmers wat eerste, tweede en derde plekke behaal het, is: Lara Greyling (13-14): eerste plek – 100m borsslag, tweede plekke – 50m borsslag, 200m Vryslag, 200m borsslag, en derde plekke – 50m vryslag, 100m vryslag. Matthew Greyling (15-16) – eerste plek 100m vryslag, tweede plekke 50m vryslag, 200m vryslag MW Supra (17-18) – tweede plekke – 50m rugslag, 100m rugslag, 200m rugslag, Dregan Brink (17-18) – derde plek – 50m borsslag
Alouise Supra (15-16) – derde plek 200m rugslag.

Die gala is op 3 en 4 Februarie gehou.



