Local newsSport

Ringtennisspelers bring derde van kampioenskap-medaljes huis toe

Parys se ringtennisspelers het dié seisoen reeds geskitter met verskeie uitstaande prestasies op die ringtennisbaan.

Parys-ringtennisklub het die afgelope naweek nege uit ‘n moontlike 30 medaljes ingepalm by die SA Enkel-kampioenskappe wat in Pretoria gehou is. Spelers van Polokwane, Pretoria, Kempton Park, Alberton, Vanderbijlpark, Parys en Kroonstad het aan die kampioenskap deelgeneem. Parys se medalje-oes het bestaan uit vyf goue, twee silwer en twee bronsmedaljes.

Daar bly nou nog ‘n provinsiale liga teen Gauteng Noord en Gauteng Suid oor wat op 7 Maart in Kempton Park beslis word, asook die SA-ringtennistoernooi van 3-6 April in Polokwane. Die SA-spanne en SA uitnodigingspanne sal by laasgenoemde toernooi aangekondig word.

Daarna sluit die seisoen tot in Augustus.

Ringtennisspelers van Parys se SA kampioenskap prestasies
Spelers van Parys-ringtennisklub wat die medaljes huis toe gebring het, is voor van links: Declan Bampa (goud o13), Kara Bampa (goud o13), Lené van der Merwe (goud o12) en Melissa Meyer (goud o16). Agter is Etheon Bampa (silwer o21), Johan Britz (silwer – Mans Veterane), Christo Britz (brons – Mans Veterane), Dewald Meyer (brons o16) en Caldon Bampa (goud – o21).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button