Local newsNews
Verkeer herlei, verwag vertragings op N1 Noord
Wetstoepassers is steeds op die toneel na 'n vragmotorbotsing vroeër vanoggend
Verkeer word steeds via die suidelike bane herlei op die N1 noord, naby Engen Kroonvaal, na ‘n vragmotorbotsing vanoggend (26 Februarie) om 06:45 .
Volgens Sipho Towa, RIMS-voorsitter, is die bestuurder van die vragmotor in die wrak vasgekeer, en moes met behulp van hidroliese reddingstoerusting bevry word. Hy het onderweg na die hospitaal gesterf.

Motoriste wat beplan om die roete te ry, kan vertragings verwag en is gevra om uiters versigtig en waaksaam versigtig te wees. Wetstoepassers is op die toneel.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!


