Local newsNews

Kommer oor R59: DA soek duidelikheid by SANRAL en Departement Paaie

Die R59 is 'n belangrike roete wat daagliks swaar verkeer dra en is daar veral kommer oor die toestand van die pad met die oog op swaar verkeer wat weer met die Nampo Oesdag in Mei verwag word.

Die DA het vanmiddag gesê hy sal druk vir dringende herstel aan die R59 tussen Vredefort en Viljoenskroon verskerp met die oog op die Nampo Oesdag wat in Mei gehou word en jaarliks duisende besoekers na die Oesdagterrein buite Bothaville lok. Die gedeelte van die pad, en selfs die gedeelte tussen Parys en Vredefort het lewensgevaarlike slaggate.

Die party sê hy het reeds aan die Suid-Afrikaanse Nasionale Pad Agentskap (SANRAL) geskryf vir duidelikheid oor die oordrag van die pad se voogdyskap, asook aan die LUR vir Gemeenskapsveiligheid, Paaie en Vervoer, met ’n versoek vir dringende herstelwerk aan die R59.

Die DA sê in sy verklaring die departement het aangedui dat hulle reeds versoek het dat SANRAL die pad oorneem, maar Sanral betwis glo die bewering, het die DA gesê.

Die party sê hy wil nou van SANRAL self bevestiging hê of die versoek inderdaad ontvang is, en indien wel, ‘n duidelike tydlyn vir die nodige herstelwerk.

David van Vuuren, die DA se woordvoerder vir Ekonomiese Ontwikkeling in die Vrystaatse Wetgewer, sê die departement het aangedui dat herstelwerk binne die volgende drie maande sal plaasvind, maar sê die DA hy is skepties oor die tydraamwerk.

Die R59 is ’n noodsaaklike hoofroete wat daagliks gebruik word onder meer om tonne graan tydens die oesseisoen na silo’s te vervoer en dien as kritieke skakel tussen boerderygemeenskappe en plaaslike markte. Deur die Infrastruktuurkomitee het die DA terugvoer ontvang oor die pad se verslegtende toestand en die distrik se tussentydse instandhoudingsplan totdat SANRAL verantwoordelikheid oorneem – ’n oorhandiging wat die DA ten volle ondersteun, sê Van Vuuren.

Die DA het in sy verklaring gesê dat volgens inligting  benodig die distrik R5 miljoen om die pad te onderhou totdat die oordrag gefinaliseer is. “Versuim om hierdie relatief beskeie bedrag toe te ken, sal die verswakking versnel, voertuigskade en vervoerkoste verhoog, en verdere druk op boere en klein besighede plaas. Hierdie bykomende druk raak uiteindelik ook Jan en San Publiek wat afhanklik is van landbouproduktiwiteit en betroubare infrastruktuur,” is gesê.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button