Local newsNews

Dit reën katte en honde – en nog reën kom

Motoriste is gewaarsku om met die reën veral bedag te wees op slaggate op die R59.

Dit sous behoorlik van gister af in Parys en is bykans 30mm reën sedert gister tot vanmiddag in die dorp gemeet  Op plekke selfs 40mm – en dit reën steeds.

Die weerdiens voorspel maksimum temperature van in die lae twintigs tot minstens volgende Sondag.

Nog reën kan ook in Parys verwag word van Woensdag tot Sondag.

Motoriste word gewaarsku om wanneer jy op die pad gaan, spoed te verminder en volgafstande te hou in die nat weer. Wees ook baie bedag op slaggate wat ‘n groot gevaar skep veral op die R59 tussen die N1 en Parys, en tussen Parys en Vredefort. Duskant Vredefort in die rigting van Kroonstad is ook slegte slaggate.

Gister is reeds gewaarsku oor die R720 tussen Koppies en Edenville wat telkens met die reën, bykans onbegaanbaar is. Verskeie voertuie en veral swaar voertuie wat die roete ry, het reeds vasgeval.

Wees ook bedag op ‘n boom wat vanmiddag in Parys in Derdelaan oor ‘n gedeelte van die pad geval het.

'n Boom wat vanmiddag in Derdelaan omgeval het.
Die boom wat vanmiddag in Derdelaan oor ‘n gedeelte van die pad geval het.

Vaaldam is nou 100,5% vol met invloei wat vanoggend vroeg gemeet is teen 83,25 kubieke meter per sekonde, en uitvloei op 114 kubieke meter per sekonde.

Bloemhofdam staan nou op 93%en is water vanoggenduitgelaat op 31,284 kubieke meter per sekonde.

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button