Local newsNews

Drie van die bestes in Vredefort gehoor

Kaartjies kan aanlyn gekoop word, maar daar sal ook nog kaartjies by die deure die aand beskikbaar wees.

Die alombekende, Drie van die Bestes, wat bestaan uit Mathys Roets, Danie Niehaus en die nuutste toevoeging, Germandt Geldenhuys, sal op 28 Maart om 18:30 vir 19:00 in die NG Klipkerk in Vredefort gehoor word vir ‘n uitsonderlike musiekbelewenis in die hart van die platteland met sy warm gasvryheid wat jou omarm.

Al drie kunstenaars het geen bekendstelling nodig nie, en word hul stemme meesterlik vervleg in ‘n harmonieryke vertoning wat beloof om musiekliefhebbers te bederf met a capella-musiek, nuwe klanke en tydlose gunstelinge.

Die besondere vertoning wat ook ‘n eerste is om hierdie groot naam kunstenaars in Vredefort te kan hoor, word aangebied as jaarlikse fondsinsamelingsgeleentheid vir die Hervormde Kerk Parys.
Met hul uiteenlopende stemme en besondere persoonlikhede deel Drie van die Bestes die verhoog as vriende met ‘n passie vir mooi musiek wat in ‘n wye verskeidenheid van musieksmaak van oud tot jonk sal val.

Die groep het reeds meer as 25 jaar gelede ontstaan en hoewel die samestelling van die groep oor die jare verander het, is die kombinasie van Roets en Niehaus se musikale ondervinding, en die
toevoeging van Geldenhuys (ook bekend as akteur in die TV-reeks, Binnelanders) se jeugdige aanslag ‘n wenresep!

Hulle sang is eg, hul energie aansteeklik en hul passie vir musiek straal uit elke lied.
Drie van die Bestes sorg met elke vertoning vir ‘n ongeëwenaarde en kragtige musikale ervaring en juis te meer in die NG Klipkerk met sy besondere akoesties en ryk geskiedenis wat oor jare al bekendheid by mense van oor die land verwerf het vir die uitsonderlike musiekuitvoerings wat hier gehoor is. Van simfonie-orkeste tot kooruitvoerings.

Drie van die bestes - Danie Niehaus, Matthys Roets en Germandt Geldenhuys. Fptp: Verskaf
Drie van die bestes – Danie Niehaus, Matthys Roets en Germandt Geldenhuys. Fptp: Verskaf

Maak seker jy koop jou kaartjies vroegtydig want jy wil nie uitmis op die bederf in die prag historiese sandsteen kerkgebou van oor die 100 jaar met sy ewe mooi en besonderse roostuin.

Kaartjies kos R250 en drag is semi-formeel. Skakel 075 2357914 of 081 457 2844 vir kaartjies of stuur epos na parys@nhk.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button