Local newsNews

Wanneer sekondes saakmaak, maak ‘n duidelike huisnommer ‘n verskil

Om seker te maak dat jou huisnommer duidelik sigbaar is, is 'n eenvoudige manier hoe jy nooddienspersoneel en wetstoepassers se reaksietyd kan bespoedig.

Tegnologie soos satellietnavigasie het dit makliker as ooit gemaak om ’n adres op te spoor, maar kosbare tyd gaan verlore wanneer noodreaksie of mediese personeel moet soek na ‘n huisnommer. . In noodsituasies soos ‘n brand, mediese noodgeval, of misdaadverwante voorval, tel sekondes.

“Wanneer jy noodhulp ontbied weens ’n brand, mediese noodgeval of kriminele voorval, is een van die noodoperateur se prioriteite om vas te stel waar die noodgeval plaasvind. Jou adres is natuurlik baie belangrik, aangesien hierdie inligting aan die betrokke nooddienste, soos die brandweer, polisie of ambulansdiens, deurgegee word,” sê sy.

“Dit is noodsaaklik dat nooddienspersoneel jou eiendom maklik en vinnig sal kan vind. Dit is nie ideaal dat iemand buite moet wag om ’n noodvoertuig voor te keer omdat daar geen sigbare huisnommer is nie, of omdat dit verwarrend is om die eiendom op te spoor,” sê Charnel Hattingh, hoof van bemarking en kommunikasie by Fidelity Services Group,

In geval van nood is daar nie tyd om te soek na huisnommers nie. Foto: Verskaf
In geval van nood is daar nie tyd om te soek na huisnommers nie. Foto: Verskaf

10 maniere om seker te maak jou huisnommer is maklik om te vind

  • Kontroleer sigbaarheid: Staan in die straat en kyk na jou eiendom om te bepaal of jou huisnommer duidelik sigbaar is vir verbygangers, bedags maar ook snags.
  • Neem eiendomme wat ver van die straat af geleë is in ag: Indien jou huis nie van die straat af sigbaar is nie, maak seker dat die huisnommer duidelik by die ingang van jou oprit of op die randsteen vertoon word.
  • Merk gedeelde opritte duidelik: Indien verskeie huise dieselfde oprit gebruik, maak seker dat al die adresse by die ingang sigbaar is en dat elke individuele eiendom ook duidelik gemerk is.
  • Gebruik groot, maklik leesbare nommers
  • Plaas nommers op ’n opvallende plek.
  • Oorweeg alternatiewe plekke: ’n Posbus, die muur bokant die motorhuisdeur of die randsteen kan ook geskikte plekke wees om jou huisnommer te vertoon.
  • Gebruik kontrasterende kleure: Maak seker dat die kleur van die huisnommer met die muur of agtergrond kontrasteer sodat dit maklik raakgesien kan word.
  • Maak seker dat niks die nommer versper nie: Snoei plantegroei, bome en struike terug wat jou huisnommer kan verberg.
  • Onderhou jou huisnommerbordjie: Kyk gereeld vir tekens van slytasie en vervang huisnommerbordjies wat verbleik, beskadig of moeilik leesbaar geword het.
  • Vra vir raad: Jou sekuriteitsmaatskappy kan raad gee oor waar om jou huisnommer die beste te vertoon. Gemeenskapspolisiëringsforumstrukture en soortgelyke gemeenskapsinisiatiewe kan ook help om huisnommers op randstene te verf, dikwels teen ’n klein donasie.

Hoekpersele kan ’n bykomende uitdaging bied. Indien jou eiendom ingange aan twee verskillende strate het, moet jy seker maak dat albei ingange duidelik gemerk is. Waar ’n ingang aan ’n ander straat geleë is, moet die volledige adres vertoon word om verwarring te voorkom, sê Hattingh.

Die werk van ’n paramedikus, brandweerman, gewapende reaksiebeampte of polisiebeampte gaan gepaard met groot verantwoordelikheid tydens noodgevalle, en hulle word dikwels gekritiseer wanneer dinge verkeerd loop.

Die publiek het egter ’n verantwoordelikheid om alles moontlik te doen om hierdie dienste te help om hul werk nougeset en binne die kortste moontlike tyd tydens ’n noodgeval uit te voer.

Om seker te maak dat jou huisnommer duidelik sigbaar is, is ’n eenvoudige stap wat baie min moeite verg, maar dit kan ’n groot verskil maak wanneer elke sekonde tel.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button