Local newsNews

Genadewater, maar boere se uitdagings groot

Die sopnat landerye bring uitdagings van sy eie.

Vir baie boere het die afgelope week se genadewater op ‘n goeie tyd gekom. Herman van Wyk wat in die Vredefort Koepel boer vertel dat van die sojaboonblare al begin geel word het, en is die reën daarom ‘n welkome uitkoms. Op plekke in die Koepel teen die Vaalrivier, is van verlede week tot Maandag 124mm reën gemeet.


Landerye is sopnat en kan dit vir sommige boere, veral dié met sonneblom wat nou gestroop moet word, problematies raak met die kans vir vassit in die lande groot, veral in turfgrond. Daarbenewens bring die nat weer ook die gevaar van siektes. Kans vir gewasse om te verspoel is egter klein omdat die plante reeds volgroeid is.

Die foto van sojaboonlande na die reën is Maandag op die plaas Baskop in die Vredefort Koepel gereën. Foto: Herman van Wyk.
Die foto van sojaboonlande na die reën is Maandag op die plaas Baskop in die Vredefort Koepel gereën. Foto: Herman van Wyk.


Boere het die afgelope maande groot uitdagings in die gesig gestaar. Eers was daar die hitte en gepaardgaande droogte, toe vloedtoestande en die krisis met bek-en-klouseer vir veeboere.

Tussendeur is daar verliese weens vee- en koperdiefstal, en nou kommer oor die styging van Eskomtariewe en ‘n verwagte verhoging in brandstofpryse.

Die totale reënval wat in Parys gemeet is vir Maart was teen Dinsdag tot dusver reeds 230mm.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button