Local newsNews

Fietsiedag fokus op padveiligheid

Die kleuters kon op Fietsiedag dit wat hulle oor padveiligheid geleer het, prakties toepas.

Fietsiedag by El Sali-kleuterskool was ‘n vrolike en waardevolle ervaring toe leer en pret gekombineer is as deel van die kleuters se padveiligheidsweek-tema.


Met die hulp van die plaaslike verkeersdepartement kon die jong maats op dié dag hul fietse en driewiele uithaal en in ‘n veilige, afgebakende gedeelte van 3de Laan ry.

El Sali se fietsiedag was nie net 'n leerervaring nie maar hope pret. Foto: Verskaf
El Sali se fietsiedag was nie net ‘n leerervaring nie maar hope pret. Foto: Verskaf


Op dié manier het die kleuters eerstehands ervaar hoe belangrik dit is om padreëls te ken én toe te pas. Selfs van die ouers het saam kom kuier en die kinders langs die roete aangemoedig.


“Ons glo dat leer deur ervaring een van die sterkste maniere is om kinders toe te rus vir die wêreld,” sê mede-skoolhoof Marieka van Tonder. “Fietsiedag gee vir ons maats die kans om op ‘n praktiese en prettige manier padveiligheid te verstaan en toe te pas.”

Of dit 'n loopring of 'n skopfiets was - op fietsiedag het kleuters van El Sali gewys wat hulle die week van padveiligheid geleer het. Foto verskaf deur El Sali Kleuterskool.
Of dit ‘n loopring of ‘n skopfiets was – op fietsiedag het kleuters van El Sali gewys wat hulle die week van padveiligheid geleer het. Foto verskaf deur El Sali Kleuterskool.

Die skool het hul dank uitgespreek teenoor die Ngwathe verkeersdepartement vir hul betrokkenheid, asook die ouers wat deel was van die oggend.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button