By die 600 rugby- en netbalspelers by sportweek
Die laaste rugby- en netbalwedstryde word vanoggend gespeel met beide Parys se eerste rugby- en netbalspanne wat om 12:00 in aksie sal wees.
Die laaste wedstryde van die Parys Hoërskool Alumni Namgola-beker sportweek word vanoggend op Hoërskool Parys se rugby- en netbalbane gespeel.
Drie en twintig rugbyspanne en nege netbalspanne was die afgelope week in Parys waar daar in totaal 35 rugbywedstryde en 27 netbalwedstryde gespeel is.
Dié week is oor jare ‘n trotse tradisie van die skool, en het die sportweek dié jaar 517 rugbyseuns, 85 netbaldogters, en hul afrigters en ondersteuners na Parys gebring.

Naas die aksie op die sportveld het deelnemers Woensdag witwaterroei geniet, terwyl van die afrigters die dorp se spog gholfbane getoets en ‘n draai by die unieke en uitsonderlike winkels in die dorp gemaak het.


Dit was ‘n uitstekende bemarkingsgeleentheid vir die dorp en sy sakelui waarby nie net die skool nie, maar ook besighede, en die gemeenskap jaarliks baat.


Skolesport op sy beste op jou voorstoep.
Toegang kos R20 per persoon en ondersteuners is welkom.



