Local newsNews

N1-padblokkade om veiliger Paastyd op land se paaie te verseker

Die operasie was daarop gemik om misdaad te bekamp, en veiligheid op die land se paaie oor die Paastydperk te bevorder.

’n Multidissiplinêre optrede is Vrydag in die Fezile Dabi-distrik gehou om bewustheid te skep vir padveiligheid en die bekamping van misdaad oor die Paastydperk.

Die optrede het ‘n padblokkade op die N1 langs die Vaal Plaza ingesluit met verskeie rolspelers wat betrokke was, insluitend die Uitvoerende Burgemeester van die Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit, raadslid Victoria de Beer-Mthombeni, die LUR vir Openbare Veiligheid, SAPD, Ngwathe-brandweer, Binnelandse Sake, Provinsiale Verkeer, Ngwathe Verkeer, Eskom, Burgerlike Toesig, RIMS en SANRAL.

Die operasie wat 'n padblokkade op die N1 ingesluit het, was daarop gemik om padveiligheid op die land se paaie oor die Paastydperk te versker, en toe te sien dat wetgewing en regulasies nagekom word. Foto verskaf deur SAPD Kommunikasie
Die operasie wat ‘n padblokkade op die N1 ingesluit het, was daarop gemik om padveiligheid op die land se paaie oor die Paastydperk te versker, en toe te sien dat wetgewing en regulasies nagekom word. Foto’s verskaf deur SAPD Kommunikasie

Tydens die padblokkade is voertuie gestop en nagegaan vir nakoming van padverkeerswette. Dit het die verifiëring van bestuurslisensies, die padwaardigheid van voertuie, asook inspeksies vir enige onwettige aktiwiteite ingesluit. Veiligheidsbewusmakingspamflette is ook aan motoriste uitgedeel om verantwoordelike bestuurgedrag gedurende die Paasvakansie te bevorder, het polisiewoordvoerder sersant Josephine Rani gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button