Local newsSport

Burgersdorp en Fochville vat Namgola trofees huis toe

Die sportweek is jaarliks 'n groot ekonomiese inspuiting vir Parys.

Burgersdorp (rugby) en Fochville 1 (netbal) het na afloop van ‘n baie suksesvolle Parys Hoërskool Alumni Namgola Sportweek, die trofeë as wenspanne vir die week huis toe gevat.

By die 600 rugby- en netbalspelers het aan die week deelgeneem, en is in totaal 35 rugbywedstryde en 27 netbalwedstryde gespeel.

Hoërskool Parys se eerste span in aksie. Foto: Marais Nell, https://photofrog.co.za/buy/lz6zn
Hoërskool Parys se eerste span in aksie. Foto: Marais Nell, https://photofrog.co.za/buy/lz6zn
Foto: Marais Nell, https://photofrog.co.za/buy/lz6zn
Foto: Marais Nell, https://photofrog.co.za/buy/lz6zn
Foto: Marais Nell, https://photofrog.co.za/buy/lz6zn

Anders as verlede jaar het die weer saamgespeel en is skolesport op sy beste gesien.

Parys se netbalspanne het vyf van hul ses wedstryde gewen, maar het Fochville 1 as wenners uitgestaan, met die span se Jessica Pretorius wat as Speler van die Week aangewys is.

Parys se eerste netbalspanspelers tydens hul wedstryd teen Fochville 2 wat in Parys se guns beslis is. Foto: Liezl Scheepers
Parys se eerste netbalspanspelers tydens hul wedstryd teen Fochville 2 wat in Parys se guns beslis is. Foto: Liezl Scheepers
Parys in aksie teen Fochville. Foto: Liezl Scheepers
Parys in aksie teen Fochville. Foto: Liezl Scheepers
Fochville 1 was die netbalwenners vir die week met die span se Jessica Pretorius wat as Speler van die Week aangewys is. Foto: Liezl Scheepers
Fochville 1 was die netbalwenners vir die week met die span se Jessica Pretorius wat as Speler van die Week aangewys is. Foto: Liezl Scheepers
Parys se eerste netbalspan. Foto: Liezl Scheepers
Parys se eerste netbalspan. Foto: Liezl Scheepers

Die sportweek is ‘n jaarlikse tradisie vir Hoërskool Parys, en ‘n groot ekonomiese inspuiting vir die dorp wat benewens die aksie op die sportveld, ook geleentheid gebied het vir die 517 rugbyseuns en 85 netbaldogters om deel te neem aan aktiwiteite soos witwaterroei.

Spanafrigters kon die dorp verken, en Parys se spog gholfbane geniet.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button