Local newsNews

Klaskamers, store in brand verwoes

Brandweerdienste was tot vroeg vanoggend nog besig op die skoolterrein.

Vier klaskamers en twee storie by die Boitumelong Primary School in Cellierstraat, Heilbron is Maandagnag kort voor middernag in ‘n brand verwoes.


Brandweerdienste van die Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit en die Fezile Dabi distriksmunispialiteit het hulp op die skoolterrein verleen wat reg agter die dorp se polisiestasie geleë is.

Brandweerdienste was tot vroeg vanoggend nog op die skoolterrein. Foto: Verskaf
Brandweerdienste was tot vroeg vanoggend nog op die skoolterrein. Foto: Verskaf


Die skool was vroeër bekend as die Vegkop Primêre Skool. Die polisie ondersoek die voorval.

Vlamme het Maandagnag 'n deel van die skoolgebou van die Boitumelo Combined School in Heilbron verswelg. Foto: Verskaf
Vlamme het Maandagnag ‘n deel van die skoolgebou van die Boitumelo Combined School in Heilbron verswelg. Foto: Verskaf

Niemand is tydens die brand beseer nie. In totaal het ongeveer 250 vierkante meter gebrand.

Die Onderwysdepartement is genader om kommentaar oor die voorval en sal die kommentaar bygewerk word sodra dit ontvang word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button