Local newsNews
VLU vroue gesels oor kreatiwiteit
Gaste is ook welkom om die gereelde maandelikse byeenkomste van die VLU by te woon.
Kreatiwiteit was die tema vir ‘n gesellige saamwees van die plaaslike Vroue Landbou Unie-tak.
Jan Venter het wenke gedeel oor hoe om ‘n plant op die regte manier te plant, en het elkeen van die dames geleentheid gehad om hul eie plant te plant.

Area voorsitter, Hanri Celliers, het ook kom inloer en saam met die dames gekuier.
Die volgende byeenkoms is 5 Mei. Gaste is welkom. Vir navrae oor die VLU-byeenkomste, skakel Annatjie Dreyer by 082 464 0204, of Bernadet van der Ende by 082 474 0304.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



