Local newsNews
Alle hoop op ligatrofee vir Hoopstad verpletter
Nou wag die finaal vir Parys in vanjaar se Griffons-liga.
Parys-rugbyklub het vanaand na ‘n harde wedstryd ook Hoopstad se hoop op die ligatrofee op die tuisspan se rugbyveld verpletter toe die semi-finale wedstryd van vanjaar se liga-kragmeting met ‘n eindtelling van 37-31 in Parys se guns beslis is.
Parys het met vyf drieë geboer agter die pale, danksy Nic Greyling, Marx Steenkamp (2) en JM du Plooy (2), terwyl Neil Henning dit vir sy span afgerond het met drie doelskoppe en twee strafskoppe.
Spelers van die wedstryd was Ewald Tolmay (voorry) en Neil Henning (agterry).
Na vanaand se oorwinning dring Parys nou deur na die finaal.



At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



