Local newsNews

Emfuleni-ontkenning dat rioolkrisis waterbronne besoedel is oneerlik, sê VF Plus

Die saak is tot 1 September uitgestel met nog 66 bykomende klagte wat tot die klagstaat gevoeg is.

Die Vryheidsfront Plus sê die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit (Evaton, Sebokeng, Vaal Oewer, Vanderbijlpark, Vereeniging) is oneerlik deur aan te voer dat bewerings van rou rioolstorting in die Vaalrivierstelsel onwaar is. en dat die munisipaliteit op omgewingswette ag slaan.

Die munisipale bestuurder, April Ntuli, het Maandag weer vlugtig in die Vereeniging-landdroshof verskyn op sewe aanklagte van waterbesoedeling, en oortredings van omgewingswette. Die saak is tot 1 September uitgestel nadat die nasionale vervolgingsgesag (NGV) nog 66 bykomende klagte bygevoeg het.

Ntuli se ontkennings volg nadat die VF Plus die munisipaliteit by talle geleenthede daarop gewys het dat sy rioolverwerkingsaanlegte nie net onvoeldonde is nie, maar dat gebrekkige infrastruktuur daartoe lei dat afvalwater nie eens by dié aanlegte uitkom nie, sê VF Plus raadslid Gerda Senekal.

Senekal sê ten spyte van Statistieke Suid-Afrika se amptelike syfers van ‘n 29%-bevolkingstoename van 2016 af tot 2022, wys Rand Water se verslae dat die volume rioolafval by die drie belangrikste verwerkingsaanlegte gedurende die afgelope dekade merkbaar gedaal het.

Waar die Sebokeng-aanleg en die Rietspruit-aanleg tien jaar gelede onderskeidelik 250 megaliter en 36 megaliter rou riool gekry het vir verwerking, het dit nou gedaal na 134 megaliter by Sebokeng en 27 megaliter by Rietspruit per dag.

By die Leeuwspruitaanleg het dit in dié dekade van 48 megaliter per dag tot 13 megaliter gedaal.

Die miljoene liter riool waarvan daar nie rekenskap gegee kan word nie, verdwyn nie eenvoudig net nie, het Senekal gesê.

“Dit beland in die omgewing, sypel in ondergrondse waterare in, besoedel systrome en takke en beland uiteindelik in die groter rivierstelsels – waarvan die Vaalrivier die belangrikste in die omgewing is. Bevestigde statistiek lieg nie, al ontken die ANC-beheerde Emfuleni-plaaslike munisipaliteit dit ook hoe hard.”

Volgens Senekal is dit veral kommerwekkend dat Emfuleni steeds geld bestee om sy gebrekkige optrede in die hof te verdedig ten spyte van verdoemende getuienis teen hom wat tot 66 bykomende klagte gelei het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button