Local newsNews
Vaaldam maak weer toe
Geen reën is vir die res van die week voorspel nie en sal normale operasionele bedryf by Vaaldam toegepas word.
Die oop sluishek by Vaaldam sal om 12:00 vandag toegemaak word. Vaaldam was teen Sondag 109,29% vol.
Status quo sal vandag steeds by Bloemhofdam gehandhaaf word nadat uitvloei Sondag al na 250 kubieke meter per sekonde verminder is. Die dam is nou 104,96% vol.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



