7 Sterf in gru-botsing naby Harrismith
Die botsingstoneel is reeds opgeruim en die pad weer oopgestel vir verkeer.
‘n Botsing tussen ‘n motor en ‘n ligte afleweringsvoertuig op die R712 tussen Qwaqwa en Harrismith. het kort voor middernag die lewens van 7 mense ge-eis.
Sipho Towa, voorsitter van RIMS (Road Incident Management System) in die Vrystaat, sê die kop-aan-kop botsing naby Sterkfonteindam, het Saterdag 23 Mei om 23:20 gebeur. Towa het bevestig dat ses mans en ‘n vrou op die toneel dood verklaar is. Een passasier is ook van die botsingstoneel na die Thebe-hospitaal in Harrismith vervoer vir mediese behandeling.
Die toneel is reeds opgeruim en die pad was vanoggend weer oopgestel vir verkeer.
RIMS Vrystaat het sy meegevoel met die families van die oorledenes betuig.
”n Beroep is ook op alle padgebruikers gedoen om versigtig te wees, spoedbeperkings te gehoorsaam en seker te maak voertuie is padwaardig.
Padveiligheid is almal se verantwoordelikheid, het Towa benadruk



