NewsNews

Eerste titelakte oorhandiging vir Vredefort

Die Free Market Foundation het verlede week met sy Khaya Lam inisiatief vir die eerste keer ook titelaktes kon oorhandig aan inwoners van die Mokwallo-woonbuurt by Vredefort. Altesame 49 titelaktes is oorhandig en nog ’n verdere 51 in Tumahole.

Die Free Market Foundation het verlede week met sy Khaya Lam inisiatief vir die eerste keer ook titelaktes kon oorhandig aan inwoners van die Mokwallo-woonbuurt by Vredefort. Altesame 49 titelaktes is oorhandig en nog ’n verdere 51 in Tumahole.
Die volgende 100 titelaktes wat in Januarie oorhandig sal word, is ook tussen Vredefort en Tumahole verdeel.
Die titelaktes wat nou oorhandig is, is geborg deur HomeChoice wie se hoofkantoor in Kaapstad is.
Verlede week se oorhandiging was dan ook die eerste oorhandiging wat onder die vaandel van die Ngwathe Speaker se kantoor georganiseer is.
Die model waarop Khaya Lam titelaktes aan mense oorhandig wat voorheen volgens apartheidswetgewing nie daarop geregtig was nie, word reeds landwyd gebruik.
Die eerste oorhandigings vir die inisiatief is in Ngwathe gedoen en kon daar sedertdien reeds 1 116 titelaktes aan inwoners van Ngwathe oorhandig word. Die eerste 100 oorhandigings vir inwoners van Koppies word deur Standard Bank geborg.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button