Local newsNews

Groot stryd wag môre op Hoërskool Parys se rugbyspanne

Drie van Hoërskool Parys se rugbyspanne speel Saterdag in die finaal van die Valke Afdeling-4 liga.

Saterdag se skitter vertoning op die rugbyveld het Hoërskool Parys se plek geboek in die finaal van die Valke Afdeling 4-liga.


Die oorwinningstafel is vroegoggend reeds vir Parys gedek toe die o15s Panorama verslaan het met ‘n weghol wen van 67-12.

Die o15’s se Lohan Viljoen met die bal tydens Saterdag se semi-finale kragmeting teen Panorama. Foto: Verskaf


Daarna het ook die o14’s hul wedstryd teen Panorama gewen met ‘n telling van 32-0 in Parys se guns, en was die eerste span se oorwinning oor Alberton High later die middag, die spreekwoordelike kersie op die koek vir ‘n dag wat die vreugdevure hoog laat brand het vir Parys. Die eerste span se eindtelling was 31-7 in Parys se guns.


Die finaal word hierdie naweek, Saterdag 27 Julie beslis. Parys se o15’s sal teen Carel de Wet speel. Parys se eerste span speel teen Die Anker, en die o14’s gaan Suiderlig die stryd aansê.

Parys se o14's waar hul Saterdag op die veld gedraf het vir hul wedstryd teen Panorama. Foto: Jackie Keelan
Parys se o14’s waar hul verlede Saterdag op die veld gedraf het vir hul wedstryd teen Panorama. Foto: Jackie Keelan

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button