Local newsNews

Vyf praktiese wenke om jou immuunstelsel te ondersteun

Gedurende die winter is dit tot jou eie voordeel om jou immuunstelsel te ondersteun.


1. ‘n Appel of vyf ‘n dag hou die dokter op wag


‘n Minimum van vyf vrugte en groente, altesaam, moet daagliks geëet word. ‘n Medium grootte vrug tel as ‘n porsie. Dit kan as ‘n peuselhappie of ‘as n byvoeging saam met ontbyt getel word.


‘n Halwe koppie gekookte groente, een koppie vars groente of slaai vorm ‘n porsie.


Sluit 1-2 porsies groente in per middag- en aandete.


Groentesop is ‘n wenner om te verseker jy kry lag-lag die regte hoeveelheid groente in per dag.
Wenk: Verskeidenheid is bobaas. Probeer weekliks jou spyskaart ophelder met verskillende soorte groente en vrugte.


2. Maklik oorgesien, maar lewensnoodsaaklik: water.


Volwassenesse kan daarna mik om 8-10 glase water per dag te drink.’n Glas water is gelyk aan 250ml.
In die winter kan dit uitdagend raak om genoegsame water in te neem, veral wanneer jy eerder wil gryp na ‘n warm koppie koffie of tee.


Jy kan altyd jou water effe verhit of suurlemoensap byvoeg vir ekstra smaak, – so kry jy ook ektra vitamine C in.


Hou ‘n glas water byderhand met etes en peuselhappies, ‘n waterbottel in jou kar, op jou lessenaar en bedkassie- dit is dan makliker en eenvoudig om jou waterbehoeftes te bereik.

Illustrasiefoto: www.drmalladi.com
Illustrasiefoto: www.drmalladi.com


3. Bly aktief en beweeg– hou oefeninge deel van jou daaglikse roetiene, of jy graag stap, kardio doen, dans of tuinmaak.


Gereelde beweging verlaag die risiko van hartsiektes, tipe 2 diabetes, verbeter slaap, verlaag angs en soveel meer.


Daar word aanbeveel om 30-60 minute van matige oefeninge te doen meeste dae van die week.
‘n Praktiese doelwit is om te mik vir 10 000 tree per dag. Dit kan gemeet word op ‘n slim horlosie, selfoontoep of stapteller.


4. Sonsoentjies ondersteun nie net ‘n sterk immuunstelsel nie, maar verbeter ook geestesgesondheid.


Kry 10-20 minute se direkte sonlig 2-4 keer per week. Die beste tyd van die dag vir sonblootstelling is tussen 10:00 en 14:00.


Vitamine D word vrygestel in die reaksie waar UV-strale reageer met cholesterol in jou vel. Vitamine D word die beste verkry deur direkte sonlig en nie deur ‘n venster of klere nie.


Gereelde matige blootstelling word verkies. Vermy té veel blootstelling om velskade te voorkom.


Gewoonlik kan genoegsame son- blootstelling verkry word deur daaglikse aktiwiteite.


5. ‘n Goeie nagrus is een van die fundamentele boublokke vir gesondheid


Slaap gee tyd vir hestel en vernuwing van liggaamselle, ondersteun gewigsverlies, geestesgesondheid, gesonde geheue en vermoë om te leer.


Hoeveel slaap is dan genoeg? Vir meeste volwassenes word 7-9 ure per aand aanbeveel.


Hou ingedagte dat die kwaliteit van jou slaap net so belangrik is as die hoeveelheid ure se slaap.


Slaaphigiëne sluit in dat die kamer donker en stil is. Beperk ook skerms, kafeïne en alkohol voor slaaptyd.

Karina Botha. Foto: Verskaf
Karina Botha. Foto: Verskaf

Oor die skrywer


Karina Botha is ‘n gekwalifiseerde dieëtkundige en borsvoedingskonsultant met ‘n passie vir die ondersteuning van individue en gesinne deur praktiese en wetenskaplike voedingsorg. Kom ons bou gesonde, realistiese gewoontes wat langtermyn gesondheid en
selfvertroue ondersteun

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button