Local newsNews

Munisipaliteit waarsku oor verwydering van onwettige reklameborde

Gazette het vroeër berig dat 'n waarskuwingstydperk van sewe dae gegee is om aan munisipale regulasies te voldoen.

Besigheidseienaars en instansies met ongemagtigde reklameborde wie nie aan die Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit se toepaslike regulasies voldoen het binne die gegewe sewe dae waarskuwing kennisgewingstydperk wat begin het vanaf die datum op die kennisgewing, kan vanaf Donderdag optrede verwag.

Gazette het reeds op 14 Julie berig oor die Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit se hernieude veldtog om onwettige buitelugreklame borde en strukture in al die dorpe onder sy jurisdiksie te verwyder. Daar is toe reeds gewaarsku dat onwettige reklameborde waarop kennisgewings aangebring is, na die sewe dae tydperk verwyder sal word as steeds nie gehoor gegee is aan die munisipale regulasies nie.

Kennisgewings is vroeër ook al deur die munisipaliteit uitgereik aan individue en ondernemings wat verantwoordelik is vir die oprigting van ongemagtigde reklameborde. In Parys alleen het munisipale amptenare verlede jaar ongeveer 200 onwettige advertensiestrukture geïdentifiseer en aangeteken.

Volgens die munisipaliteit is baie van hierdie reklameborde opgerig sonder die nodige toestemming of betaling van toepaslike gelde, in stryd met munisipale verordeninge en inkomste-invorderingsprosesse. Die munisipaliteit het alle ondernemings versoek om die korrekte prosedures te volg wanneer daar om buitelugadvertensieruimte aansoek gedoen word.

Directo Signs van Bloemfontein het die kontrak met die munisipaliteit om toe te sien dat reklameborde aan die munisipaliteit se spesifikasies rakende grootte, plasing en veiligheid moet voldoen, veral dié wat langs strate en sypaadjies geleë is, en sal ook met eienaars van die reklameborde kontak maak waar nie aan regulasies voldoen word nie.

Die munisipaliteit sê bewens dat daar aan munisipale regulasies voldoen moet word, kan onbehoorlike installasies infrastruktuur beskadig of padverkeer belemmer, wat risiko’s vir sowel motoriste as voetgangers inhou.

Die Ngwathe Plaaslike munisipaliteit sluit die dorpe Parys, Vredefort, Koppies, Heilbron en Edenville in. Foto: Liezl Scheepers
Die Ngwathe Plaaslike munisipaliteit sluit die dorpe Parys, Vredefort, Koppies, Heilbron en Edenville in. Foto: Liezl Scheepers

Besigheidseienaars kan die munisipale kantore skakel of besoek vir riglyne rondom die toepaslike regulasies of kontak maak met mnr. Bernard McDermott van Ngwathe Verkeer by 082 874 1251 vir meer inligting.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button