Local news

Miljoene se NaTIS-bedrog: Verdagte nog in aanhouding

Die arrestasie het gevolg na 'n ondersoek van drie jaar.

Die man wat Dinsdag 28 Julie in Parys gearresteer is in verband met beweerde betrokkenheid by miljoene se bedrog met motorvoertuiglisensies, bly in aanhouding tot sy volgende hofverskyning in die Parys-landdroshof op Vrydag 7 Augustus.

Volgens Simon Zwane, woordvoerder van die Padverkeersbestuurskorporasie (RTMC), is die man vermoedelik deel van ’n sindikaat wat in suidelike Gauteng en die Vrystaat bedrywig is. Die groep werk glo saam met regeringsamptenare in verskeie provinsies om voertuiglisensies onregmatig op die NaTIS-stelsel te hernu.

Sy arrestasie het gevolg ná ‘n uitgebreide ondersoek van drie jaar.

Die man het glo motorvoertuigeienaars gehelp om voertuiglisensies onwettig te hernu deur die Nasionale Verkeersinligtingstelsel (NaTIS) vanaf sy privaat woning te gebruik.

Die arrestasie is gemaak tydens ’n gesamentlike intelligensiegedrewe operasie deur die Padverkeersbestuurskorporasie (RTMC) se Nasionale Anti-Korrupsie-eenheid, lede van SAPD Misdaadintelligensie Taktiese- en Spesiale Operasies, asook die Valke en hul kubermisdaadeenhede/

Met die arrestasie is ‘n rekenaarskerm gekry met die Natis aantekenskerm daarop, en die gebruiksnaam en wagwoord reeds ingesleutel. NaTis dokumente en verslae van verskeie provinsies is ook onder meer gekry.

Zwane het verder genoem dat die sindikaat na bewering Bestuurderslisensietoetssentrums (DLTC’s) teiken waar biometriese stelsels nog nie geïnstalleer is nie.

Hy sê die groep beskik ook oor toegangsbesonderhede van privaat voertuigtoetsstasies, wat hulle in staat stel om voertuie op die stelsel as padwaardig te registreer en te verklaar.

“Die verdagte, wat vermoedelik ’n IT-spesialis is, het voormalige vervoeramptenare, aktiewe NaTIS-gebruikers uit verskillende provinsies, asook die Nasionale Departement van Vervoer geïmpliseer. Hierdie inhegtenisname is ’n belangrike deurbraak in die ondersoek na die bedrywighede van dié sindikaat,” het die RTMC in sy verklaring gesê.

Geen verdere arrestasies is egter sedert Dinsdag se arrestasie in Parys gemaak nie, het Zwane aan Gazette bevestig.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button