Rolbalklub maak dié naweek geskiedenis met meesterstoernooi

Toeskouers is welkom om die spelers te kom ondersteun.

Parys-rolbalklub maak vanjaar geskiedenis met die Veterane-kompetisie van die Noordwes Rolbal Meesterstoernooi wat vir die eerste keer in Parys aangebied word. Vier van Parys se spelers is boonop onder die elite spelers wat genooi is na die Ope en Veterane-kompetisies van die enkeltoernooi vir spelers wat volgens hul huidige spelrekord onder die room van die distrik se spelers gereken word.


Die Parysenaars wat deelneem is Dalena Reynecke, Dries de Jager en Jan Harmse wat aan die veterane-kompetisie sal deelneem wat op 1-2 Augustus by Parys-rolbalklub gehou word, en Poena Olivier wat dieselfde naweek aan die ope-kompetisie by Potch Country Club sal deelneem.

Toeskouers is welkom om die spelers te kom ondersteun. Daar is ‘n kontantkroeg op die perseel beskikbaar. Kom geniet die twee dae se spel saam met deelnemers.

Parys-rolbalklub spog met nie minder nie as vier van sy spelers wat na die elite meesterstoernooi genooi is. Hulle is Dalena Reynecke, Poena Olivier, Jan Harmse en Dries de Jager.Foto: Liezl Scheepers
Parys-rolbalklub spog met nie minder nie as vier van sy spelers wat na die elite meesterstoernooi genooi is. Hulle is Dalena Reynecke, Poena Olivier, Jan Harmse en Dries de Jager.Foto: Liezl Scheepers


Drie wedstryde word Saterdag 1 Augustus vanaf 09:00 gespeel, en twee wedstryde Sondag 2 Augustus. Die finaal word dan Sondagmiddag 2 Augustus beslis.


In beide kompetisies van die toernooi is slegs 12 mans en 12 dames genooi vir die Round Robin-kragmeting.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button