Local newsNews
In dié provinsies kan jy sneeu verwag
Motoriste is aangeraai om weervoorspelllings oor die naweek dop te hou.
Moet nie jou jas en serp wegbêre nie.Koue, nat en winderige toestande word vir die langnaweek voorspel.
Volgens die Suid-Afrikaanse Weerdiens is die kans groot vir sneeu in dele van die Vrystaat, Kwazulu Natal en Mpumalanga.
Vir Parys word daar vir Maandag 10 Augustus ‘n ysige minimum van 4 grade Celsius voorspel, en ‘n maksimum van 13 grade. Dinsdag 11 Augustus daal die kwik verder wanneer ‘n 11 grade maksimum temperatuur vir Parys voorspel word.
Die Weerdiens het gewaarsku dat volgehoue reën oorstromings in sekere dele van die land kan veroorsaak, terwyl sterk wind ook skade ook skade aan infrastruktuur kan veroorsaak.



At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



