Hier is ons Julie blokraai-wenner
Die nuwe blokraai verskyn 20 Augustus in die Gazette.
Wendy Kruger is die Julie-wenner van die Bybel-blokraai wat deur AGS Siongemeente in samewerking met Parys Gazette aangebied word. Met die blokraai staan een gelukkige leser elke maand die kans om ‘n prag boekprys te wen.
Wendy se boekprys is, Die Christen se reis na die ewigheid deur John Bunyan.
Vir die Julie-blokraai is vrae uit die Nuwe Testament oor Jesus se lewe gevra, en vertel Wendy dat sy die blokraai baie geniet het. Dié keer het haar antwoorde presies uitgewerk en het sy die blokraai makliker gevind as die vorige een wat sy voltooi het.

die boekprys aan Wendy Kruger, die
Julie-wenner van die maandelikse
Bybelblokraai. Foto: Liezl Scheepers
Hoewel sy nie gewoonlik blokraaisels voltooi nie, is hierdie ‘n uitstekende hulpmiddel vir Bybelstudie, en ook ‘n lekker uitdaging om op dié manier meer van die Bybel te leer.
Die nuwe blokraai verskyn 20 Augustus in die Gazette. Maak seker jy stuur jou inskrywing in voor die sluitingsdatum op 28 Augustus. Om deel te neem is gratis en so maklik as om die blokraai te voltooi, ‘n foto daarvan te neem en dan te WhatsApp na 071 330 3882.



