Local newsNews

Mur de Souvenirs – raakvat hande maak reg

Mense kan hul slotte teen die Mur de Souvenirs hang om 'n besoek aan die hangbrug in Parys ekstra spesiaal te maak.

Die draadwerk van die Mur de Souvenirs by Parys se geskiedkundige hangbrug oor die Vaalrivier, is vandag deur die 1919 vrywilliger span herstel. Die draadwerk is deur vandale oor tyd geknip en beskadig.

Die vrywilliger span hou die hangbrug en rivieroewer instand en verrig ‘n groot taak om seker te maak dat dié toerisme-juweel waar besoekers elke naweek tyd spandeer, altyd netjies is.

Met die laaste opknapping van die hangbrug deur die vrywilliger-span, is die Mur de Souvenirs opgerig sodat mense die gebruik om slotte te hang om ‘n besoek aan die hangbrug ekstra spesiaal te maak, op die manier kan voortsit. Vroeër het mense die slotte aan die brug self gehang wat groot skade veroorsaak het weens die gewig van die slotte.

Dankie vir die onbaatsugtige inisiatief om vandag reg te maak wat ander verniel het.

Oor jare bly Parys se hangbrug een van die gewilde besoekpunte in Parys. Foto: Verskaf
Oor jare bly Parys se hangbrug een van die gewilde besoekpunte in Parys. Foto: Verskaf
Ongelukkig is vandale ook gereeld by die hangbrug bedrywig. Foto: Verskaf
Ongelukkig is vandale ook gereeld by die hangbrug bedrywig. Foto: Verskaf
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button