Oop harte sorg vir broodjie-rekord
Die VVA is dankbaar vir elkeen wat weer vanjaar die Broodjiedag-projek ondersteun het.
‘n Rekordtotaal van 678 brode is vanjaar ingesamel vir Vrystaat Versorging in Aksie (VVA) Parys se broodjiedag. Dit is aansienslik meer as die 612 brode wat verlede jaar deur VVA Parys ingesamel is, en sluit ook 45 brode in wat vandeesweek deur die Parys Voortrekkerkommando vir Broodjiedag oorhandig is.
Die broodjiedag-projek is oor drie dae gehou.. Die broodskenkings word gebruik in die VVA se daaglikse sopkombuis, vir die kospakkies wat aan gesinne en individue in nood gegee word, vir die VVA se Huise van Veiligheid en die kosblikke-projek vir behoeftige kinders.
Daarbewens is ook uitgereik na Gleniffer en Epilepsie SA se Vrystaat/ Noordwes-sentrum in Parys.
Jy kan steeds daarna broodskenkings by die VVA-kantoor in Buitenstraat afgee, want vir hulle wat nie het nie is elke bydrae broodnodig.




