Local newsNews
Klein mensies, groot drome
Elkeen het 'n beurt gekry om hul klasmaats meer te vertel van hul droom beroep.
Daar is groot gedroom by Primêre Skool Parys met van ‘n ruimtevaarder, vlieënier, veeartse, dokters, onderwysers, boere, ‘n geoloog, polisiebeamptes, rugby- en sokkerspelers, ‘n ontwerper, sjef, en selfs ‘n wetenskaplike, paramedikus en ‘n mariene bioloog.

Nadat daar oor beroepe in die klaskamer gesels is, was dit die jongspan se beurt om hul drome te kon uitleef.

Hulle kon kom wys watter beroep hulle graag eendag wil volg, en kon ook hul klasmaats meer van die beroep vertel.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



