Local newsNews

Valke-ondersoek lei tot skuldigbevinding oor verkoop van 18 staatsvoertuie

Vonnisverrigtinge sal op 13 Oktober hervat word.

Die Bloemfonteinse landdroshof het Maandag, 24 Augustus, die 55-jarige Jeanne Kellerman, Mohammed Cajee (40) en MNS Cars waarvan Cajee ‘n direkteur was, skuldig bevind op klagtes van bedrog en geldwassery.

Die saak spruit uit verskeie veilings wat gedurende 2023 by die Staatsmotorhuis in Bloemfontein gehou is. Altesaam 18 voertuie is tydens die veilings aan Cajee verkoop vir R1 163 758.

Cajee het ’n deposito van R150 000 betaal, maar moes die uitstaande bedrag ten volle vereffen voordat die voertuie deur die Staatsmotorhuis vrygestel kon word.

Kellerman, wat destyds as senior administratiewe klerk by die Staatsmotorhuis gewerk het, het die voertuie egter aan haar medepligtige vrygestel voordat die volle uitstaande bedrag betaal is. Dit was in stryd met die departement se beleid.

Sy het glo ook wanvoorstellings aan ’n veiligheidsbeampte by die Staatsmotorhuis gemaak om die vrystelling van die voertuie te bewerkstellig.

Die saak is daarna na die Valke se Ernstige Korrupsie-ondersoekspan in Bloemfontein verwys.

Verdere ondersoek het aan die lig gebring dat Kellerman R10 000 van haar medepligtige ontvang het as vergoeding.

Lasbriewe is vir hul inhegtenisname is uitgereik, en het Kellerman en Cajee hulself in November 2023 aan die Valke se ondersoekbeampte oorgegee.

Vonnisverrigtinge sal op 13 Oktober hervat het polisiewoordvoerder adjudant-offisier Fikiswa Matoti gesê.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button