Local newsNews
Lentedag met ‘n lekker ‘twist’
Aan kreatiewe idees vir die boemelaarstema het dit nie ontbreek nie.
Gewoonlik word die lente met blomme en kleurvolle versierings op 1 September gevier. Maar vanoggend het die lentedagvieringe ‘n oorspronklike en prettige twist’ gehad by Amot.
Inwoners en personeel het ‘n boemelaarstema gekies waaraan daar met groot geesdrif deelgeneem is. Aan kreatiewe idees het dit nie ontbreek nie, en selfs middagete is aangepas vir die tema.
Dit was gou duidelik dat die prettigheid groot byval gevind het, en is die half Jack ‘brandy’, kryt om die tande in te kleur, en ‘n bietjie grimering om ‘n blou oog of twee na te maak, sommer ook nader getrek.






At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



