Vrou in haar huis oorval en aangerand
Daar word steeds gesoek na twee verdagtes wat met die voorval verbind word.
Die twee mans wat ‘n 68-Jarige vrou van Parys Woensdag 14 Oktober in haar huis in Booomstraat oorval en aangerand het, is steeds soek.
Volgens konstabel Kelello Patsa, polisiewoordvoerder vir die Fezile Dabi-distrik, het die mans om ongeveer 03:15 toegang tot die huis gekry, waarop hulle die vrou aangerand en haar hande en voete met skoenveters vasgebind het.
Die rowers is weg met verskeie items waaronder haar selfoon, ‘n gasstoof en radio., het Patsa gesê.
Hy sê die vrou het later daarin kon slaag om haarself los te kry en hulp ontbied. Sy is na die Parys Distrik-hospitaal geneem vir behandeling.
Patsa het bevestig dat ‘n klag van huisroof ondersoek word. Die ondersoek duur voort.



