Groot glimlagte, groot geesdrif, en groot pret met juffrou agter die stuur. Foto: Liezl Scheepers.
Soveel pret is lanklaas op Primêre Skool Parys se Sportgronde gesien. Van die graad eens tot die graad sewes het vandag gedeel in die dag se pret, en wanneer meneer of juffrou agter die kaskarstuurwiel ingespring het, het die pret en geesdrif op laggende kindergesiggies geen brieke geken nie.
Die skool het vyf jaar gelede laas kaskarresies gehou. Vir vandag se kaskarren is die kaskarre by Vaalpark Primêr geleen, maar hou dop – daar word alreeds hard gewerk om vir Primêre Skool Parys hul eie kaskarre te bou, want dié groot geniet gaan ‘n jaarlikse instelling word.
En wie dan beter om raad te gee met die bou van die kaskarre as skoolhoof Jannie Erasmus, wat self ook destyds help bou het aan die Vaalpark-kaskarre. Vandag het hy self ook hand bygesit om die kaskarre woema te gee om die baan, en dit het vir selfs nog meer vreugde op kindergesiggies gesorg.
Vandag het gegaan oor samesyn, die pret waaraan almal kon deel hê, en die ongelooflike omgee wat van onderwysers vir hierdie kinders gesien is op die sportveld. Dit was ‘n dag om te onthou.
Elke kind moes kon deel in die kaskarpret. Daarvan het skoolhoof Jannie Erasmus seker gemaak. Carolien van der Westhuizen is vroeër die week geopereer nadat sy haar arm ‘n tweede keer gebreek het. Haar dag is gemaak toe mnr. Jannie self die kaskar gestoot het sodat sy ook deel kon hê aan die dag se pret. Foto’s: Liezl Scheepers
Groot glimlagte, groot geesdrif, en groot pret met juffrou agter die stuur. Foto’s: Liezl Scheepers.
Mnr. Jannie sit weer hand by agter die kaskar. Foto’s: Liezl Scheepers
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.