Local newsNews

Chaos toe bier langs R59 te lande kom

Benewens die ongeluk het padwerke en abnormale vragte wat langs die roete vervoer is, vroeër vanmiddag chaos veroorsaak.

Groot verkeersontwrigting is vanmiddag op die R59 tussen die N1 en Parys veroorsaak nadat ‘n vragmotor van SA Brouerye sy vrag bier langs die pad verloor het. Die chaos is vererger deur padwerke op die R59 met ‘n stop/rybeheerpunt wat as gevolg hiervan ingestel is. Boonop is twee abnormale vragte ook in dié tyd via die R59 vervoer.

Niemand is in die botsing beseer nie, maar het wetstoepassers hul hande volgehad om te keer dat mense nie die vrag bier wegdra nie.

Hoewel die pad nie gesluit is vir verkeer nie, is verkeersvloei baie stadig en is motoriste gevra om uiters versigtig te bestuur, te hou by spoedgrense en veilige volgafstande.

Let ook daarop dat daar nog gevaarlike slaggate op die pad is en dat die R59 baie swaar verkeer dra.

Die vragmotor van SA Brouerye wat sy vrag langs die R59 buite Parys verloor het. Foto: Verskaf
Die vragmotor van SA Brouerye wat sy vrag langs die R59 buite Parys verloor het. Foto: Verskaf

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button