Local newsNews
Vermeende koperdief loop hom vas in die gereg
Die arrestasie vorm deel van Operasie Shanella II.
’n 48-Jarige man is in Sasolburg is in hegtenis geneem nadat hy na bewering met gesteelde koperdraad betrap is.
Lede van die Fezile Dabi-distrik se Trio-taakspan het die verdagte Donderdag 10 September tydens Operasie Shanela II in hegtenis geneem nadat inligting ontvang is dat koperdraad naby die Midland Feeding Lots in Sasolburg verbrand word.
Die man sal na verwagting binnekort in die Sasolburg-landdroshof verskyn op ’n aanklag van die besit van gesteelde koperdraad.


At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



