Local newsNews

Twee sterf by gevaarlike kruising

'n Maand gelede het twee vroue en 'n baba ook by dié kruising gesterf na 'n noodlottige ongeluk.

Twee mans wat die naweek in Steynsrus was vir ‘n sokkertoernooi, het Sondagmiddag tragies gesterf in ‘n botsing in die Vrystaat by die Kroonstad Steynsrus-kruising (R76/R720-kruising).

Die botsing tussen die motor waarin die twee mans gery het, en ‘n vragmotor het omstreeks 17:30 gebeur. Beide mans is op die toneel oorlede. Die vragmotorbestuurder is nie ernstig beseer nie.

Die vragmotor was deel van ‘n konvooi van drie vragmotors wat onderweg was na Bethlehem waar hulle die volgende dag graan moes laai.

Motoriste is gewaarsku om uiters versigtig te bestuur by die kruising. Die ongeluk is die tweede noodlottige ongeluk die afgelope maand by dié kruising. Op 14 Augustus het twee vroue en ‘n baba hier gesterf na ‘n botsing tussen ‘n motor en ‘n weermagvoertuig.

Verskeie ernstige botsings oor die naweek

Verskeie ernstige botsings is die naweek op Vrystaatse paaie gerapporteer. Vrydagmiddag het ‘n Almera-voertuig met twee bejaarde insittendes met ‘n weermag-voertuig naby die Kroonvaal Engen 1-Stop op die N1-hoofweg gebots.

Beide insittendes van die Almera is in ‘n kritieke toestand van die toneel per ambulans vervoer en het een van die insittendes later in die hospitaal gesterf.

Die botsingstoneel op die N1 Vrydagmiddag. Foto: Verskaf
Die botsingstoneel op die N1 Vrydagmiddag. Foto: Verskaf

Die twee insittendes van die weermag voertuig het ernstige en minder ernstige beserings onderskeidelik opgedoen en is na Netcare Vaalpark vervoer.

Vrydagaand om 19:34 is vier mense ernstig beseer by die silo’s net buite Vredefort op die R721-Kroonstad-pad na ‘n trompop botsing tussen ‘n motor en ‘n vragmotor.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button