Local newsNews

Rowers teiken transito-voertuig in Sasolburg, kaap toe minibus

Die polisie soek nou na 'n man wat hulle moontlik kan help in die ondersoek na die transito-roof en kaping.

‘n Onbekende bedrag geld is Dinsdag 22 September in ‘n gewapende transito-roof in Sasolburg gebuit wat uiteindelik gelei het tot ‘n kaping en skietery.

Volgens Valke-woordvoeerder adjudant-offisier Fikiswa Matoti, was sekuriteitswagte die oggend besig met normale kontantinvorderings by kleinsakeondernemings in Sasolburg, toe ’n onbekende man een van die wagte genader het en ’n vuurwapen op hom gerig het.

Die geld is toe gevat en het ongeveer vyf verdagtes in ’n blou Nissan Tiida, met registrasienommer CY28TPGP, van die toneel gevlug.

Die sekuriteitswagte het die verdagtes tot in Minaarstraat in Vaalpark agtervolg. Die verdagtes het die Nissan daar gelos en toe ’n Amarax Quantum-minibus, met registrasienommer MD45GVGP, gekaap. Hulle het die bestuurder van die voertuig met hulle saamgeneem en in die rigting van die Vereenigingse taxi-staanplek gery. Daar het hulle die minibus agtergelaat en op ‘n taxi geklim wat na Vosloorus onderweg was.

Tydens ‘n skietery wat daarna sou volg, is twee voertuie in die omgewing en verskeie geboumure beskadig. Niemand is in die voorval beseer of noodlottig gewond nie.

Daar word nou gesoek na Mothoezane Xaba vir ondervraging. Hy is vermoedelik van KwaZulu-Natal afkomstig en kan moontlik die polisie behulpsaam wees in die ondersoek na die transito-roof en kaping.

Enigiemand wat weet waar Xaba hom bevind, word versoek om speurkaptein Chris Mochesane by 071 481 2546 te kontak. Inligting kan ook anoniem by Crime Stop op 08600 10111 of deur die MySAPS-toepassing deurgegee word.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button