Local newsSport

Muurbalklub se spelers onder land se bestes

Parys-muurbalklub het 'n trotse geskiedenis van muurbalspelers wat op provinsiale en nasionale vlak uitblink.

Nie minder nie as vier van Parys-muurbalklub se junior spelers het die seisoen afgesluit met posisies op die SA Top 10-ranglys.


Die uitstaande prestasie is behaal deur Duvan du Toit (So13 nr.3), Micke Prinsloo (Do13 nr. 6), Jasmaine Rust (Do17 nr 7) en Vivienne van der Schyff (Do19 nr. 5).

Micke Prinsloo saam met Duvan du Toit.
Micke Prinsloo saam met Duvan du Toit.
Vivienne van der Schyff
Vivienne van der Schyff


Die afgelope naweek het drie Parysenaars ook skoonskip gemaak by die Jester o25-muurbaltoernooi. Dahlia Rust wen haar plaat-kompetisie, terwyl Jasmaine ‘n derde plek behaal. Elske Garbers het gespog met die wentrofee.

Jasmaine en Dahlia Rust saam met Elske Garbers by die Jester-toernooi prysoorhandiging.
Jasmaine en Dahlia Rust saam met Elske Garbers by die Jester-toernooi prysoorhandiging.


Hoewel sy nog o15 is, het Jasmaine se harde werk en deursettingsvermoë ook die afgelope week vrugte afgewerp met haar deelname aan die PSA-toernooi (Assore Tour Challenge) in Johannesburg waar sy teen internasionale spelers op die muurbalbaan kragte gemeet het.

Jasmaine Rust op die muurbalbaan.
Jasmaine Rust op die muurbalbaan. Foto: Verskaf
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button