Local newsNews

Lewende hawe terug by dié week se Nampo Alfa

Vir die volledige program en inligting gaan na www.nampoalfa.com

Veeboere, telers, landbouers en rolspelers in die landboubedryf kan uitsien na die terugkeer van lewende hawe by vanjaar se Nampo Alfa wat gesien word as een van die voorste platforms vir lewende hawe, jag, buitelewe en landbouvaardighede.

Nampo Alfa vind plaas 2 en 3 Oktober op Nampo Park gehou. Hekke open om 08:00.

Volgens Albert Loubser kan besoekers uitsien na ’n omvattende lewendehaweprogram wat verskeie hoogtepunte insluit. Toepaslike biosekuriteitsmaatreëls en protokol sal geld.

Die program sal die Old Mutual Nasionale Interras Kampioenskappe, die Nasionale Interras Vereniging se program, die Voermol Mega-os, asook die lewendehawe-afdeling van die Farm Skills Nasionale Landbouskoleprogram insluit. Daar word ook beplan vir ’n opwindende kleinvee- en grootveeprogram, rasbekendstellings aan boere en beoordelaars, asook ’n kudde-evaluering deur Pikkie Uys.

Benewens die lewendehaweprogram sal Nampo Alfa vanjaar ook ’n wyer gesins- en landbouprogram aanbied, waaronder ’n Afrikaanse musiekfees, Afrikaans @ NAMPO ALFA, kampgeleenthede vir besoekers, en Landbouweekblad se Vir die Boer-program. Die Sondag ná Nampo Alfa word daar ook ’n biddag en gospelfees op die terrein beplan.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button