Lewende hawe terug by dié week se Nampo Alfa
Vir die volledige program en inligting gaan na www.nampoalfa.com
Veeboere, telers, landbouers en rolspelers in die landboubedryf kan uitsien na die terugkeer van lewende hawe by vanjaar se Nampo Alfa wat gesien word as een van die voorste platforms vir lewende hawe, jag, buitelewe en landbouvaardighede.
Nampo Alfa vind plaas 2 en 3 Oktober op Nampo Park gehou. Hekke open om 08:00.
Volgens Albert Loubser kan besoekers uitsien na ’n omvattende lewendehaweprogram wat verskeie hoogtepunte insluit. Toepaslike biosekuriteitsmaatreëls en protokol sal geld.
Die program sal die Old Mutual Nasionale Interras Kampioenskappe, die Nasionale Interras Vereniging se program, die Voermol Mega-os, asook die lewendehawe-afdeling van die Farm Skills Nasionale Landbouskoleprogram insluit. Daar word ook beplan vir ’n opwindende kleinvee- en grootveeprogram, rasbekendstellings aan boere en beoordelaars, asook ’n kudde-evaluering deur Pikkie Uys.
Benewens die lewendehaweprogram sal Nampo Alfa vanjaar ook ’n wyer gesins- en landbouprogram aanbied, waaronder ’n Afrikaanse musiekfees, Afrikaans @ NAMPO ALFA, kampgeleenthede vir besoekers, en Landbouweekblad se Vir die Boer-program. Die Sondag ná Nampo Alfa word daar ook ’n biddag en gospelfees op die terrein beplan.



