Dié kruisings steeds gesluit
Verkeer na en van Potchefstroom sal steeds vandag op alternatiewe paaie herlei word.
Die kruising by van Van Coller- en Breëstraat by die robot aan die kant van die Potchefstroom-ingang asook by die kruising van Boom- en Van Collerstraat, sal steeds vandag (Dinsdag 13 Oktober) en môre (Woensdag 14 Oktober) vir verkeer gesluit wees.
Volgens Moss Mokhohlane, senior instrukteur vir Safeti, is herstelwerk aan die padoppervlak Maandag gedoen en is die sluiting van die kruising nodig om voldoende tyd toe te laat vir die materiaal wat gebruik word om droog te word voordat die bolaag geteer kan word.
Wat kan motoriste verwag
- Die herstelwerk sal hoofsaaklik verkeer wat na en van Potchefstroom beweeg raak.
- Verkeer sal herlei word vanaf Delverstraat na Boomstraat, en van Father Balinkstraat na Boomstraat.
- Verkeer in Breëstraat sal steeds in beide rigting vloei.
Die herstelwerk vorm deel van die Ngwathe Munisipaliteit se Padherstel- en Onderhoudsprogram wat vroeër vanjaar bekendgestel is. Met die Operation Fix my Road-program word 60 mense oor ‘n 12 maande periode deur die diensverskaffer, Safeti (South African Foundation For Empowerment, Traininig & Innovation), opgelei om hulle met die nodige vaardighede toe te rus om slaggate te herstel.







