Local newsNews

Twee vas wat paspoorte glo vir tot R100 000 uitgereik het

Die voormalige Binnelandse Sake amptenare word verbind met 'n sindikaat wat reeds in 2022 ontbloot is.

Twee voormalige Binnelandse Sake-amptenare wat verbind word met ’n sindikaat wat Suid-Afrikaanse paspoorte onder bedrieglike omstandighede uitgereik het aan buitelandse burgers teen tot R100 000 elk.

Die amptenare het na bewering ‘n skuiwergat in ’n verouderde proses vir die uitreik van paspoorte gebruik, waarmee hulle foto’s omgeruil het. Die identiteitsbesonderhede van wettige Suid-Afrikaanse burgers is dan gebruik om paspoorte te bekom waarop die foto’s van buitelandse burgers verskyn het.

Die inhegtenisnemings volg ná ’n gesamentlike ondersoek deur die departement se teenkorrupsie-eenheid en die Valke, wat die sindikaat in 2022 ontbloot het.

Volgens Departement Binnelandse Sake is hierdie saak ‘n voorbeeld van waarom die departement nou biometriese verifikasie gebruik om aansoekers regdeur die aansoekproses, insluitend wanneer foto’s geneem word, aan hul identiteite te koppel.

“Dieselfde benadering lê ook die grondslag van die departement se digitale vennootskap met banke, wat toegang tot slim-ID-kaarte deur middel van veilige, digitaal geïntegreerde prosesse uitbrei,”

Die departement het beklemtoon dat dit geleenthede vir korrupsie binne sy stelsels stelselmatig uitskakel deur identiteitsverifikasie te outomatiseer.

Dr. Leon Schreiber, minister van Binnelandse Sake, het in sy reaksie op die inhegtenisname genoem dat verouderde handmatige prosesse jare lank skuiwergate geskep het wat kriminele sindikate kon uitbuit om Suid-Afrikaanse paspoorte op bedrieglike wyse te bekom.

“Ons hervormings binne die departement gaan nie bloot daaroor om Binnelandse Sake vinniger en geriefliker te maak nie. Dit gaan daaroor om die departement se werkswyse fundamenteel te verander sodat bedrog en korrupsie reeds deur die ontwerp van ons stelsels voorkom word, eerder as om dit eers op te spoor nadat die skade aangerig is,” het die minister gesê.

Sedert die begin van die sewende administrasie is 98 amptenare van Binnelandse Sake afgedank en 42 in hegtenis geneem as deel van die departement se volgehoue stryd teen korrupsie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button