‘n Kuier langs die Vaal ‘n uitgemaakte saak vir 1976 matrieks
In 2036 word daar weer so gemaak vir die groep se 60 jaar kuier.
Die afgelope naweek het die 1976 matriekklas van Hoërskool Parys huis toe gekom. Dit was tyd vir hul 50 jaar reunie – en dit ‘n dag nadat die 2026 matrieks hul laaste skooldag gevier het.
Vir dié groep oudmatrikulante was dit ‘n uitgemaakte saak dat hierdie kuier langs die Vaalrivier moes wees, en is 50 jaar se vervreemding met een braai by Udolpho uitgewis.
Van die groep van 54 matrikulante op die 1976-klasfoto het 22 die naweek bygewoon, meeste met hul gades! Tien van die klasmaats is reeds oorlede.

Saterdagoggend se besoek aan die skool was veral besonders en die ywerigheid, vriendelikheid en gewilligheid van die skoolhoof, Pieter Janse van Rensburg (wat in 1976 gebore is en in Desember 50 word) het die mooi van die besoek, met die huidige ingekleur, vertel Johan Chandler.
“Dit was ook toevallig dat die klagte/strafboek in die hoof se kantoor nie sover as 1976 teruggaan nie,” sê hy.
Die groep was vol lof vir die toestand van die skool, geboue en terreinen kon hulle danksy die wonder van tegnologie en sosiale media die geleentheid met hul klasgenote deel wat nie die reis na Parys kon meemaak nie.




