Local newsNews

Straatmyl-kommentator self ‘n wêrelklas stapper

Antonio se atletiekloopbaan het hom reeds in 2018 toe hy nog op skool was, na die wêreldkampioenskappe in China geneem

‘n Nuwe energie is na vanjaar se Parys Crater Street Mile gebring met Race Walkers wat vanjaar die eerste keer deel was van die gewilde gebeurtenis. Onder hulle was Antonio Farmer wat Suid-Afrika by die 2026 World Race Walking Team kampioenskappe in Brasilië verteenwoordig het.

Hoewel hy nie self Saterdag aan die straatmyl deelgeneem het nie, was Farmer agter die kommentator-mikrofoon om toeskouers deel te maak van die dag se opwinding en aksie.

Antonio Farmer gesels met Working on Fire spanlede na afloop van die Parys Crater Street Mile. Foto: Lestrow Snap
Antonio Farmer gesels met Working on Fire spanlede na afloop van die Parys Crater Street Mile. Foto: Lestrow Snap


Die Farmer-familie was egter self goed verteenwoordig met Antonio se ma, Berenice en broer, Jacobus, ‘n middelafstand-atleet, wat aan die straatmyl deelgeneem het.


Antonio se atletiekloopbaan het hom reeds in 2018 toe hy nog op skool was, na die wêreldkampioenskappe in China geneem, en was vanjaar sy derde wêreldkampioenskap deelname.

Antonio Farmer het Suid-Afrika reeds drie keer as Race Walker internasionaal verteenwoordig.  Foto: Verskaf
Antonio Farmer het Suid-Afrika reeds drie keer as Race Walker internasionaal verteenwoordig. Foto: Verskaf

Vir die George-gebore atleet het sy atletiekloopbaan in 2016 amper toevallig begin toe hy ‘n vriendin sien race walk het, en gedink het dat hy die uitdaging maklik sou kon baasraak. Hy het egter gou besef dat dié sport tegniek verg toe sy vir hom weggestap het.


Dit was egter genoeg aan-moediging om hom aan die stap te kry en neem hy dieselfde jaar nog aan sy eerste 1 500m-wedloop deel. Die een sukses na die ander het gevolg, maar dit verg harde werk en dissipline vertel dié graad 3 onderwyser van Potchefstroom Primary, waar hy die afgelope vier jaar skoolhou.


Antonio oefen ses dae ‘n week. Soggens voor skool sal jy hom net na hanekraai al sien stap, en smiddae om 17:00 werk hy ‘n tweede oefensessie deur. Hy stap gemiddeld 10-12km per sessie.


Saterdae wanneer daar meer tyd is, stap hy tussen 20 en 30 km. ‘n Totaal van sowat 120 km wat hy elke week stap.
Meeste van sy oefening is padwerk, maar wanneer hy werk aan spoed is hy op die baan.


Met Race Walking is daar twee reëls, vertel Antonio. “Jou voorste been mag nie gebuig wees nie en jou voete moet op die grond bly, anders beteken dit jy hardloop,” verduidelik hy.


Die gebruik van jou arms is eweneens belangrik. Stappers werk met hul arms, bene en heupe.


Waar ander atlete na ligter tekkies kyk, sal stappers eerder kyk na tekkies met dikker sole, vertel Antonio.


“Race walking gee my nie net die geleentheid om die sport te kan beoefen nie, maar leef ek ook my liefde vir reis uit, en is dankbaar vir ‘n goeie ondersteuningsnetwerk,” sê Antonio.


Die Parys Crater Street Mile is vir hom geensins onbekend nie, en was hy en sy famlie verlede jaar ook in Parys vir dié gewilde gebeurlikheid.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button