Local newsNews

A-pokke geval in Sasolburg bevestig

Die departement het benadruk dat die situasie onder beheer, is en alle nodige maatreëls toegepas word.

Die Vrystaatse Departement van Gesondheid het een laboratorium bevestigde geval van A-pokke, met nog twee waarskynlike gevalle, in Sasolburg in die Fezile Dabi-distrik aangeteken.

Mondli Mvambi, die departement se woordvoerder het by navraag bevestig dat die betrokke pasiënt se toestand stabiel is. Die pasiënt isoleer tuis en ontvang die nodige sorg, het Mvambi gesê. ’n Klein aantal noue kontakte word opgevolg, terwyl assesserings en toetse reeds gedoen word.

Mvambi het bygevoeg dat die risiko vir die algemene publiek tans as laag beskou word, en dat daar geen bewyse van wydverspreide oordrag binne die gemeenskap is nie.

In samewerking met die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (NICD), asook die distrik- en provinsiale uitbraakreaksiespanne, is alle standaardprotokol vir openbare gesondheid geaktiveer. Dit sluit gevalondersoeke, kontakopsporing, infeksievoorkoming en -beheer, asook verskerpte toesigaktiwiteite in.

Waar toepaslik, word daar met aangrensende provinsies saamgewerk om kontakopsporing en die identifisering van gevalle uit te brei, het Mvambi bygevoeg.

Pasiënte se vertroulikheid word streng beskerm, en gesondheidsdienste funksioneer steeds ten volle.

Die tipiese uitslag wat met A-pokke geassosieer word. Illustrasiefoto: Nasionale Instituut van Oordraagbare Siektes

Simptome

Simptome van A-pokke kan insluit:

  • koors
  • geswelde kliere
  • spierpyn
  • ’n seer keel
  • hoofpyn
  • kouekoors
  • mondsere
  • ’n uitslag. Die uitslag kan op die gesig, hande, voete (insluitend die handpalms en voetsole), geslagsdele of ander dele van die liggaam voorkom.
  • Mense wat simptome ontwikkel moet hul naaste gesondheidsfasiliteit raadpleeg.
  • Vermy noue fisieke kontak, insluitend seksuele kontak, totdat jy by ‘n mediese fasiliteit ondersoek is.
  • Moenie beddegoed, handdoeke, klere of eetgerei deel nie. Hou enige letsels bedek en handhaaf gereelde handhigiëne.

Noue kontakte van ’n bevestigde geval wat geen simptome toon nie, moet hulself vir 21 dae vir simptome dophou en die riglyne van gesondheidsowerhede volg.

A-pokke kan enigiemand raak. Die departement doen daarom ’n beroep op gemeenskapsondersteuning, om stigmatisering te vermy, en respek te toon vir mense se privaatheid. Weerhou jou daarvan om persoonlike besonderhede van pasiënte of hul kontakte te versprei.

Die publiek is ook versoek om slegs op amptelike verklarings en inligting van die Nasionale Departement van Gesondheid, die Vrystaatse Departement van Gesondheid en die NICD staat te maak. Verdere inligting sal soos nodig deur die departement gegee word.

Mense kan hul naaste kliniek kontak vir inligting or advies.

So lyk die situasie met A-pokke in Suid-Afrika

Volgens syfers van die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes se webtuiste was daar teen 13 Oktober altesaam 25 gevalle van A-pokke in Suid-Afrika deur laboratoriumtoetse bevestig. Dit sluit gevalle in die Wes-Kaap, Gauteng, Oos-Kaap, Vrystaat en KwaZulu Natal in.

Die meeste van die gevalle (24 uit 25) was mans tussen die ouderdomme van 23 en 50 jaar.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button